1000 DAE 1000 HERINNERINGE LANGEBAAN STRANDHUIS

My jinne, mens, kom binne!

Die storie loop mos nou dat iemand vir drie jaar rondgery het op soek na ‘n plek… Nie omdat die mens verdwaal het nie… Ook nie omdat die persoon nie geweet het hoe die droom gelyk het nie. Eerder omdat die droom homself nie wou wys voordat hy homself wou wys nie…

Uiteindelik het die paaie Weskus toe gelei. En al het dit ‘n 1000 Dae geneem om die droom te vind, staan die droom se deure oop en die geselligheid nooi jou in.

My mens, daar is net een Weskus, en dis ook goed so, want te veel van ‘n goeie ding is nie goed nie. Einste hierdie Weskus van ons, is waar dinge stadig gebeur en waar jy ‘n bietjie kan vergeet van die stad se liggies. My jinne, mens, kom binne. Hierdie is 1000 Dae.

Verblyf

My mens, 1000 Dae Strandhuis is geleë in Calypso Beach, Langebaan, letterlik ‘n klipgooi van die strand af. 1000 Dae bied gerieflikheidsonthalwe alles wat jy en jou mense in ‘n vakansiehuis wil hê. Die ruim dubbelverdiepinghuis het 8 slaapkamers en bied slaapplek aan 16 gaste. Padlangs, die boonste verdieping slaap 8, en Seelangs, die grondvloer ‘n verdere 8. Ideaal vir groot families of vriende om saam te kom uitspan.

Die huis  is stap afstand van Calypso strand af, met veilige parkering op die perseel, en talle ander geriewe maklik toeganklik.  Soos die Engelsman ook mos nou sê: “Location, location, location.” Dié het onsse 1000 Dae beslis.

Volle Huis Geriewe

Padlangs

Padlangs is op die boonste verdieping en het 4 slaapkamers. Daar is 3 slaapkamers, elkeen met ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en ‘n wasbak. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en ‘n gastebadkamer met ‘n stort, toilet en ‘n wasbak.

Die boonste verdieping het ook ‘n ten volle toegeruste kombuis met ‘n stoof, oond, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook gemaklike sitplek en ‘n TV met DStv op die boonste verdieping. Dit het ‘n ingeboude braai waar gaste saam ‘n maaltyd kan voorberei.

Seelangs

Seelangs is op die grondverdieping en het ‘n hoofslaapkamer met 2 driekwartbeddens en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en ‘n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 driekwartbeddens en die vierde slaapkamer het ‘n dubbelbed. Dié slaapkamers deel die gastebadkamer met ‘n bad, stort, toilet en ‘n wasbak.

Die grondverdieping het ook ‘n ten volle toegeruste kombuis met ‘n stoof, oond, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitkamer op die grondverdieping het gemaklike sitplek en ‘n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ‘n ingeboude braai waar gaste saam ‘n maaltyd kan voorberei.

In-en-om Langebaan Doendinge

Langebaan word nie verniet die Juweel van die Weskus genoem nie. Met sy wit strande, gematigde temperatuur en bekende lagoon is dit mos nou basies paradys op aarde. My mens, hierdie is net ‘n knippie sout van wat hier als te doen en te siene is.

Restaurante

Marc's Beach Bar, vanaf 1000 Dae strandlangs stapafstand. Verder is daar 'n wye verskeidenheid om van te kies en te keur soos gunstelinge Pearly's en Thoban Chefs, om nie eers te praat van die Wimpy nie.

Watersport

Kyk, Langebaan is mos nou bekend vir sy windsurfing en kitesurfing op die lagoon. As jy nie 'n sportiewe ou is nie, kan jy steeds nie verkeerd gaan om 'n kiekie of twee te gaan neem van hoe die ander ouens en nooiens dit doen nie.

Voëlkyk

Die Weskus Nasionale Park omring die Langebaan Lagoon en is 'n wêreld Ramsar gebied wat beteken dit is van wêreld belang vir vleiland-voëlspesies. Somer is algemeen die beste tyd, veral September en Maart.

Blommetyd

Blomme seisoen in die Weskus is gedurende Augustus en September. Die Weskus Nasionale Park is 'n lekker plek om te besoek, en die blomme show veral af by die Postberg deel van die park. Mens, soveel wonderskoon het jy nog nie beleef nie.

Calypso Beach

100 meter met die voet van 1000 Dae dan land jy op die witsste strand, met 'n sonsondergang wat so 'n belewenis is, dat jy maar solank daai #nofilter Instagram hutsmerk kan afstof.

Kraalbaai

Bekend en beeldskoon. Dis mos nou ook waar daai klip is wat soos 'n preekstoel lyk. Sy naam is Die Preekstoel. Hier gaan jy darem nou vir jou uitsigte kry wat jy in jou lewe nie sal vergeet nie.

Neffens Ons

Die fantastiese ding van 1000 Dae is hoe toeganklik dit is tot die res van ons pragtige streek. Gaan loer gerus in by Tietiesbaai of Paternoster, en as jy wonder watter plek is 'n lekker plek, laat die 1000 Dae kamername jou inspireer.

Die Môll

Kyk, jy gaan mos nie 'n stadsmens verduidelik dat hy sonder sy Woolies of Checkers gaan regkom nie. Laguna Mall het beide, sowel as 'n rits ander winkels, so jy hoef nie eers biltong saam te bring nie. Slegs 2.3km vanaf 1000 Dae.

Kontak

Vir enige navrae of bespreking kwotasies, volg die skakel hieronder.  Volg ons ook gerus op ons sosiale media.

Casos-weg 10, Calypso Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap.